Man se gebrande lyk in polisiesel aangetref

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 44-jarige man wat in hegtenis geneem is vir drink in die openbaar, is later dood in ʼn polisiesel aangetref.

Grace Langa, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het gesê die voorval het Donderdag by die Kenhardt-polisiestasie in die Noord-Kaap plaasgevind. “Daar word beweer die oorledene was by die Kenhardt-polisiestasie aangehou en is tussen 15:00 en 15:55 dood aangetref. Sy lyf was van sy bene tot by sy bolyf gebrand,” het sy gesê.

Langa het gesê die man was saam met ʼn ander persoon, wat vir ʼn aparte voorval van drink in die openbaar in hegtenis geneem is, in die sel aangehou. “Die polisie het glo nie enige geluide of geskree van enige persoon gehoor nie en het eers die liggaam van die man ontdek toe hulle selbesoeke gedoen het.”

Die man se liggaam is agter die sel se deur aangetref en was met ʼn kombers toegegooi. Die man wat in dieselfde sel as die oorledene was, het na bewering geslaap het en nie enigiets gehoor het nie.

Opod het die ondersoek oorgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

johan ·

En ek neem aan die oorledene het homself sommer ook met die kombers toegegooi.

George ·

Die polisie bied skynbaar deesdae ‘n een stop diens aan naamlik keer die beskuldigde aan, verhoor beskuldigde en straf die beskuldigde.

CHRISTA ·

Natuurlik is dit moontlik! Jy weet mos ons polisie is AAN DIE SLAAP!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.