Man se geskende liggaam in Hennopsrivier gestort

Argieffoto

Die ontbinde en geskende liggaam van ʼn albino-man is vandeesweek in die Hennopsrivier, suidwes van Pretoria, gevind.

Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê lede van die publiek het die man se liggaam Woensdag omstreeks 20:00 in die rivier naby die R511-pad in Centurion gesien en die polisie ontbied.

“Die man se liggaam het al ontbind. Sy voete was met ʼn tou vasgemaak en een van sy hande is weg,” het Moloto gesê.

Moloto het gesê die man is vermoedelik elders vermoor voordat sy liggaam in die rivier gestort is.

ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen om die oorsaak en tyd van die man se dood te bepaal.

Die Erasmia-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sw ·

Dis hartseer om te dink watse vrees daardie man gehad het voor hy doodgemaak is. Party het ook geen siele nie.

E.K. ·

Onlangs op die nuus was daar ‘n berig dat die Malawi se regering moet/gaan ingryp op rituele moorde op albino’s in daardie land. Arme, arme mense wat deur dieselfde God geskape is as alle mense; nie gevra het om gebore te word en dan in vrees te moet lewe – wanneer is dit ek? Dis verskriklik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.