Man se geslagsdeel gedeeltelik afgesny

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Mpumalanga is op soek na twee mans wat glo ‘n ander man se geslagsdeel gedeeltelik afgesny het.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê ‘n 41-jarige man is Maandag deur vier mans in Kameelrivier aangeval terwyl hy en ‘n vriend van ‘n kroeg af huis toe gestap het.

“Hulle het hom gegryp en gesê hulle soek sy geslagsdeel. Die man het begin skree terwyl hulle hom gesny het en die verdagtes het weggehardloop. Die man het erg gebloei.”

Mohlala sê die man se geslagsdeel is gedeeltelik afgesny. Hy sê die man is na die Kameelrivier-kliniek geneem voor hy na die Philadelphia-hospitaal in Dennilton oorgeplaas is. Hy is in ‘n stabiele toestand.

Mohlala sê die man kon daarin slaag om een van sy vermeende aanvallers te identifiseer en die polisie het ‘n 36-jarige man in hegtenis geneem.

Hy sê ‘n tweede verdagte is deur die gemeenskap aangekeer. Hulle het hom erg aangerand en sy geslagsdeel afgesny. Hy is onder polisiebewaking in die hospitaal.

Mohlala sê die motief vir die aanval is nog nie bekend nie en die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

scalla ·

daar moet n rede wees, ek dink die ding het hom of iemand gepla!!!

PR mc Kay ·

Ek ken dit dis vir.Muti Hulle sal dit weer doen . “Neem een elke vier uur na ete , voltooi die kursus”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.