Man sê hy jaag om enjin te toets

Vector-Speedometer-vector‘n 36-jarige man is Sondag op die N1 naby Midrand vir ‘n spoedoortreding in hegtenis geneem.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê die man is omstreeks 2:00 Sondagoggend in hegtenis geneem nadat hy teen 224km/h gery het in ‘n Audi Q5.

“Hy het aan beamptes gesê dat hy ‘n motorwerktuigkundige is en dat hy die motor se enjin getoets het.”

Minnaar sê die man het borgtog van ‘n R1 000 betaal en sal binnekort in die Randburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Adele ·

Dit het Sondag oggend om 02:00 gebeur en hy se hy’t die voertuig se enjin getoets want hy’s ‘n motorwerktuigkundige. WOW! Dit is nou vir jou “dedication” vir ‘n mens se werk. Het enige iemand dalk daai ou se tel nr vir my asb, ek het beslis so ‘n mechanic nodig wat tot 2uur die oggend werk!

Bokkie ·

Ja-nee, sowaar. As jy die ou se telefoonnommer gekry het, stuur aan. Elke motoreienaar se droom
‘mechanic’.

Stephanus du Toit ·

Waarom word al die voertuie nie so gebou dat dit net 120 km/h kan ry nie? Die owerhede seker maar ook baie bly oor die boetegeld wat hul insamel. Vang dan wanneer jy in ‘n 60 sone vinnig ry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.