Man se lewensmaat, twee ander in hof ná moord

Andries Swanepoel. Foto: Verskaf

Andries Swanepoel (58) se lewensmaat en nog twee beskuldigdes het Dinsdag in die landdroshof in Heidelberg verskyn in verband met sy moord.

Alice Graham (44), Swanepoel se lewensmaat, het saam met haar seun, James Randall (22), en Clifford Basson (64) vlugtig in die hof verskyn en die saak is uitgestel, het kapt. Thivhulawi Tshilate, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die drie is hegtenis geneem kort nadat Swanepoel se liggaam Sondagoggend in ʼn kamer op ʼn perseel in AG Visserstraat waar hy gewoon het, gevind is.

Dit word beweer dat daar Saterdagaand ʼn rusie tussen Swanepoel en die beskuldigdes ontstaan het en dat hulle hom toe erg begin aanrand het, onder meer met ʼn houtstok.

Hulle het glo besef Swanepoel is dalk dood weens die aanranding waarna sy liggaam na ʼn leë slaapkamer gesleep is. Die houtstok is intussen aan die brand gesteek.

Nog iemand wat glo ook op die perseel woon, het Sondagoggend die polisie gekontak waarna Swanepoel se liggaam gevind is. Swanepoel het wonde oral op sy lyf gehad, insluitend ʼn groot oop wond agter sy regteroor.

“Die manier hoe dit gebeur het en deur wie dit gedoen is, maak dit baie erger,” het ʼn familielid van Swanepoel aan Maroela Media gesê. “ Niemand verdien om so vermoor te word nie, ongeag die rede.”

Volgens die familielid het hulle Graham slegs ʼn paar kere gesien en het Swanepoel gewoonlik alleen by familie gaan kuier. “Sy is maar ʼn moeilikheidmaker.” Swanepoel en Graham was sowat ses jaar lank in ʼn verhouding.

Hulle het sowat ʼn maand gelede na Heidelberg verhuis en het voorheen in Leondale gebly. Hy het as werktuigkundige los werkies gedoen.

Swanepoel word oorleef deur drie broers en ʼn suster. Een van die broers, wat in Boksburg bly, het Sondagoggend na die toneel in Heidelberg gery nadat hy van sy broer se dood in kennis gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jaco ·

Die oom lyk vir my na n baie goeie mens.
Ek kan nie glo dat ENIGE mens so n iets kan doen nie. Kyk ek en my vrou sit ook soms vas en erg ook maar ek weet met my Hele Hart nie 1 van ons sal oit laat dinge so erg hand uit ruk nie.
Ek moedig altyd aan dat n mens jou geliefdes Ken en kan raak sien indien daar fout is of tekuns is van “gender geweld”
Ons mane praat nie oor dit nie maar daar is dames wat hulle man’s mushandel en af breek.
STERKTE aan die oom se naasbestaandes ons bid dat hy sag rus in die hande van ons God

Christa ·

Hoekom het Sy nie geloop nie. Sy het mos in sonde geleer, Plaas Sy goeie besluite geneem het en n Christelike lewe Gaan lei het. Laat Sy sit tot oudag.

Alette ·

Daar is baie sensitiewe inligting in hierdie saak wat nie bekend gemaak word nie.
‘Ongeag die rede..’
Wat as die rede iets te doen het met n geskiedenis van wan-dade met kinders…
Hoe anders sal die kritiek nie dan wees nie….

Lolli ·

Alette, indien die insinuasie waar is, wat gee hulle 3 die reg om hom skuldig te bevind, en te reg te stel? Hoekom nou iemand wat oorlede is se naam beswadder ter wille van “versagtende omstandighede”. My kritiek sal nie verander nie. Indien jou bewering waar was moes die oom tot boek gebring word deur ‘n ondersoek, ‘n skuldigbevinding en dan ‘n vonnis oplegging.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.