Man se liggaam 17 uur ná ongeluk gevind

Foto: ER24

Foto: ER24

Die liggaam van ʼn jong man is eers 17 uur ná ʼn ongeluk op die N3 in Townhill, Pietermaritzburg, gevind nadat die motor gerol en hy vermoedelik uit die voertuig geslinger is.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is Vrydag omstreeks 21:00 na die ongelukstoneel ontbied. By hul aankoms het hulle twee mans op die toneel gevind wat vermoedelik uit die motor geslinger is toe dit gerol het.

Een van die mans het reeds aan sy veelvuldige beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar. Die ander man was in ʼn kritieke toestand en is deur ʼn ander ambulansdiens na ʼn hospitaal gehaas.

“Saterdag omstreeks 14:00 is paramedici na dieselfde toneel ontbied nadat ʼn konstruksiewerker ʼn man se liggaam gevind het, ongeveer 100 meter by ʼn wal langs die pad af. Familie en vriende van die man het aangedui dat hy ook in die voertuig was die vorige aand. Hy is vermoedelik ook uit die voertuig geslinger toe die motor gerol het,” het Vermaak gesê.

Die ongeluk sal deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Werner2 ·

Dit is hoekom veiligheidsgordels en spoedperk so belangrik is.

Tiger ·

Te vinnig gery sonder die nodige vaardigheid om ‘n voertuig op daai spoed te kan hanteer plus die gebrek aan sitplekgordel gebruik en Alkohol misbruik moontlik ook deel hiervan? Verkeerd om te spekuleer maar die ondersoek sal die waarheid bepaal.

Maria van Dieweeck ·

Een van die gevaarlikste stukke hoofweg in die land! Trokke en dronk bestuurders jaag teen daai afdraande af, en al wat spietkops doen is eet en koerant lees in hul motors! Hul werk al JARE aan die stuk pad! Na elke naweek is dit wrakke en doodsberugte! Moet nooit in die aand daar ry tensy jy n doodswens het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.