Man se liggaam buite lykshuis gestort

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn man is uit ʼn lykshuis in Ratanda naby Heidelberg in Gauteng verwyder en buite die gebou gestort, het die polisie gesê.

“Werknemers van die lykshuis het Saterdagoggend ontdek iemand het by die perseel ingebreek,” het lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Een liggaam is gesteel en buite die gebou geplaas.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van sakeroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie probeer bepaal of enige liggaamsdele uit die lykshuis verwyder is.

Volgens Makhubela het die begrafnisondernemer versoek dat sy maatskappy se naam nie bekend gemaak moet word nie.

Bron: Jenni Evans News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Neptunus ·

Wens die polisie wil ophou om inbraak as “roof” voor te hou. Met laasgenoemde word jou besittings met geweld of dwang van jou afgeneem. Selfs gryprowers was lank terug aan roof skuldig bevind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.