Man se liggaam gekry na hy in see verdwyn

(Foto: NSRI)

’n 34-jarige man van Gqeberha (Port Elizabeth) wat die naweek in die see by Heroldsbaai verdwyn het, se liggaam is gevind.

Sers. Chris Spies, polisiewoordvoerder, het gesê Luvuyo Xoli se liggaam is omstreeks 08:15 Donderdag op die strand by Kleinkrantz gevind.

“Die liggaam van die oorledene het voldoen aan die beskrywing van die vermiste persoon wat by Heroldsbaai in die water verdwyn het. Die oorledene is later uitgeken en die soektog na die vermiste persoon is afgelas.”

’n Geregtelike doodsondersoek word deur die polisie gedoen.

Xoli het saam met vriende geswem toe hy vermoedelik deur ’n seestroom meegesleur is en onder die water verdwyn het.

Reddingswerkers is Saterdag omstreeks 11:00 na die toneel ontbied.

Die Nasionale Seereddingsinstituut het gesê verskeie mense – onder wie ’n branderplankryer en twee omstanders – het onmiddellik ingegryp om Xoli te probeer red.

Hy het egter onder die water verdwyn voordat enigeen hom kon bereik.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Samuel ·

Dit is goed dat die liggaam gevind is.

Heroldsbaai is so ‘n pragtige plek, maar ek kan nie verstaan waarom die afgelope tyd kort-kort verdrinkings voorkom nie. Het self baie daar geswem. Lê die fout nie by die baaiers wat onversigtig is nie?

Goeie werk SAPD en NSRI.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.