Man se liggaam in moeras gekry

polisie-sapd

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die liggaam van ʼn onbekende man is Dinsdag met ʼn kopwond in ʼn moeras aangetref.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is deur plaaslike owerhede na die moeras in Parklands in Kaapstad ontbied nadat die man se liggaam gewaar is.

“Paramedici moes ʼn kort afstand die moeras in loop waar hulle die man reeds dood gevind het. Hy het ʼn groot wond aan sy kop gehad. Daar kon niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Lt.kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval Woensdag aan Maroela Media bevestig.

“Die liggaam is naby die treinspoor in Uitbreiding 5 van die informele nedersetting gevind. Die omstandighede rakende die man se dood word ondersoek,” het Traut gesê.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.