Man se liggaam in oordswembad gevind

Argieffoto

ʼn Man se liggaam is Maandagoggend in ʼn swembad by ʼn oord in die Hoedspruit-omgewing in Limpopo gevind.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het gesê die man se liggaam is in die swembad van die Manoutsa-woonwapark, wes van Hoedspruit, gevind. Hy het vermoedelik verdrink.

“Die presiese oorsaak van sy dood kan nog nie bevestig word nie en sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word. Hy het geen identifikasie by hom gehad nie en ons doen ʼn beroep op die publiek om met inligting na vore te kom wat kan help om sy identiteit vas te stel. Die man is donker van gelaat, en tussen 30 en 35 jaar oud,” het Ngoepe gesê.

Volgens Ngoepe het die man ʼn wit frokkie en ʼn roomkleurige sweetpakbroek aangehad toe hy gevind is. Ngoepe het gesê die man se hare is geskeer en ʼn gedeelte van sy hare is goudbruin gekleur.

Die Hoedspruit-polisie ondersoek die voorval. Mense wat weet wie die man is, word versoek om met die plaaslike polisiestasie in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dorethea ·

Is die man lank en maar. Met tatoo aan voorarm wat se Lizmary. Ek is opsoek na my seun.

Afrikaanse Knaap ·

Frokkie: kledingstuk wat aan die bolyf onder ‘n hemp gedra word; onderhemp.
HAT 6de uitgawe.

Leahim ·

Donker van gelaat met n wit frokkie ….nee ek ken hom ook nie.

lvh ·

Eish…dis my tuinwerker, Sipho, se niggie se nefie se kleinma se oom se kind. Ek dink so..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.