Man se liggaam in rivier gekry

Die rivier naby waar die liggaam gevind is. Foto: SAPD

Die rivier naby waar die liggaam gevind is. Foto: SAPD

Die liggaam van ʼn man is Vrydag met kopwonde en bebloede klere in ʼn rivier in KwaZulu-Natal gevind.

Volgens die provinsiale polisie is duikers van die Durban-polisie se soek-en-reddingseenheid na die Ugobhogobho-rivier by Njalaweg in Ntuzuma, noord van Durban, ontbied om die man se liggaam uit die water te haal.

“ʼn Manlike verdagte het volgens inligting Donderdag na die slagoffer gesoek. Die verdagte het die slagoffer van opsetlike saakbeskadiging beskuldig,” het die polisie in ʼn verklaring gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en is op soek na die verdagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.