Man se liggaam in rivier gevind

Argieffoto

ʼn Inwoner van Heidelberg in Gauteng het Woensdag op die ontbinde liggaam van ʼn onbekende man in die Blesbokspruit afgekom toe sy haar kinders daarheen geneem het om te gaan speel.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, polisiewoordvoerder, het gesê die kinders het omstreeks 13:00 op die swaaie geswaai toe een van die kinders ’n ongewone voorwerp in die rivier gesien het wat aan ʼn tak van ʼn boom verstrengel was.

“Die kind het die vrou dadelik laat weet. Die vrou het nader gegaan en besef dat ʼn man moontlik verdrink het, waarna sy die polisie ontbied het.”

Tshilate het gesê polisieduikers het die man se ontbinde liggaam uit die water gehaal. Die man se identiteit is onbekend. Hy is vermoedelik tussen 30 en 35 jaar oud. Hy het ʼn swart T-hemp en broek aangehad.

Die polisie is besig met ʼn geregtelike doodsondersoek.

Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand wat weet van ʼn wit, manlike persoon wat ʼn paar dae gelede vermis geraak het om die Heidelberg-polisie by 016 341 0361 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tuanet ·

Goeie dag Maroela Media

Ek dink aan die einde van die berig moet julle dalk “wit” verander na “blank”.
Die woord “blank” is sagkuns, en ‘n beter afrikaans as “wit”.

Michael ·

On sukkel al so lank om net die regte feite te kry (dankie mm) moet dit asb nie nou wil kompliseer nie

Natasha ·

Dit is funny hoe as daar wit mense betrokke is hoe vinnig die woord “wit” gebruik word maar wanneer dit ‘n ander nasie is word daar niks gese nie. En ek praat nou spesifiek van mense wat gevind word en hulle moet geidentifiseer word. Ek kan nie verstaan hoekom dit ‘n issue is om die persoon se kleur te noem nie.

Cherokee ·

Taunet, ek verkies die woord ‘wit’. Die Engelse weergawe van ‘blank’ verwys na ‘leeg’ ’empty’. So wit beteken meer. Ek weet nie waar die word blank onstaan het nie.

Natasha. dit is nie kleur nie maar die woord ‘swart’ wat nie voorkom in MM se woordeskat nie.

Yolandi ·

Swart is dalk nie die regte woord nie… Nou die dag het my seuntjie my reggehelp toe ek vra wat is die nuwe swart maatjie in jou klas se naam. Hy het my reggehelp deur om te sê dis `n bruin maatjie nie swart maatjie nie.
Maar ek stem – wat is so erg daaraan om kleur te noem? Hoe beskryf mens dan anders `n persoon? Anders moet hulle maar sê die persoon is moontlik van die San, Koi, Zulu stam afkomstig.

Tuanet ·

Die “wit” persoon is oorlede. En “blank” is net meer sagkuns gestel.
Die woord “blank” is afkomstig van Nederland en word herlei uit die woord “bleek” wat beteken “sonder kleur”.

Ek persoonlik dink net ons moet ‘n afsterwe in ‘n berig (van ‘n onskuldige persoon) net sagkuns stel. Dit is iemand se broer / seun of dalk pa….

VanAfrika ·

Ag tog, wat maak dit saak of dit nou wit of blank is. Ek het nie geweet die woord wit is n “harde” woord nie. Die Bybel praat van wit wat rein is. tot die Engele is in wit geklee. Die wolk waarmee Jesus opgevaar het was wit, die wolk waarmee Jesus gaan kom is wit. Die perd waarop Jesus gaan kom is wit. Ons praat in die norm van wittes en blankes, nes jy wil. Gaan ons nou daaroor argumenteer watter harde en sagte woorde ons dan moet gebruik vir iemand wat “dood” is. Dan moet die polisie dit nie n doodondersoek noem nie, maar n afsterweondersoek want dood is so n “harde” word. Kom ons beweeg aan met die wit person wat dood is. Wit od Blank, dis tog wie ons is.

Rudi ·

Is ons nie meer kaukasiers nie?
Wat noem jy dan van die ander sonder om aanstoot te gee?

VanAfrika ·

Rudi ek sal dit in engels se, ek het dit in haar en skoonheid college geleer omdat ons hare verskil, Caucasians-blank/wit
Ethnic-swart
As iemand iets anders het, dit sal interresant wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.