Man se liggaam in see gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn man is Woensdagaand in die see by Durban-Noordstrand in KwaZulu-Natal aangetref.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici en vrywilligers van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is omstreeks 21:00 na die strand ontbied nadat iemand die man se liggaam in die see sien dryf het.

“Lewensredders van die NSRI het die man se liggaam na die strand gebring, waarna hy deur paramedici dood verklaar is.”

Botha het gesê die man het moontlik verdrink en daar kan in dié stadium slegs bespiegel word hoe hy in die water beland het, maar die saak word wel deur die polisie ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.