Man se liggaam in smeulende bakkie aangetref

Argieffoto

’n Man is dood in sy bakkie aangetref in ’n veld langs die R29 net buite Kinross naby Secunda in Mpumalanga.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die gru-vonds is omstreeks 22:00 Saterdagaand gemaak toe hul paramedici deur ’n plaaslike sekuriteitswag gekontak is vir hulp.

“Die paramedici het die man se liggaam binne die smeulende bakkie aangetref. Daar was niks wat vir hom gedoen kon word nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Katryn ·

Nog ‘n boer en dis op ons voorstoep. So sinloos en wreedDis so hartseer en ons bid vir die familie in hierdie hartseer tyd.

Teleurgesteld ·

dit is nie die waarheid wat hier geskryf is nie! wat weet ER24? hulle was nie eers daar nie……
En dis ‘n boer wat op die bakkie afgekom het nie n sekuriteitswag nie! ek sal niks weer glo wat Maroela media skryf nie.. Vind die waarheid uit by mense wat wel daar was

bky om te sê ·

kyk maar hie sit maroela media saans tussen 6,30 & 7:00 berigte op soos hulle dit op sabc nuus kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.