Man se liggaam in uitgebrande Chevy gekry

Argieffoto

Die liggaam van ʼn man is Donderdagaand in die kattebak van ʼn uitgebrande voertuig naby Unisa in Pretoria gevind.

Kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van die Sunnyside-polisie, het gesê die liggaam is in die wrak van ʼn Chevrolet Aveo gevind wat vir die taxidiens, Taxify, gebruik is.

“Die oorsaak en die motief rakende die voorval is onbekend en word ondersoek,” het Mavimbela gesê.

Die identiteit van die oorledene moet nog vasgestel word. Die Sunnyside-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om met enige inligting na vore te kom wat hulle in hul ondersoek kan bystaan. Mense met inligting kan die Sunnyside-polisie by 012 422 3600 bel of Stop Misdaad by 0860 010 111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tipies Afrika ·

Seker weer die jaloerse taxis wat al die jare kon vra wat hulle wil en mense uitbuit en nou is daar KOMPETISIE, nou word die mense weer AFRIKA STYL doodgemaak. In westerste lande word kompetisie verwelkom, in AFRIKA word alles afgebrand uitgebrand en vermoor!! Dis om vrees in te boesem by ander huurmotor companies soos wat hulle met boere doen om vrees in te boesem by boere om hulle grond te verlaat .. EK HAAT AFRIKA!

Albaster ·

Ek sal nooit enige metered taxi ondersteun nie. Hulle is so verouderd soos die mammoet en hoort self oor te skakel na uber, Taxify of ander, of begin julle eie app. Die tyd het aangestap en julle metered taxis is uit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.