Man se liggaam in veld gekry

Argieffoto: Kent Williamson

Die Kempton Park-polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn jong man Donderdagoggend deur ʼn plaaswerker in ʼn veld gevind is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 08:30 na ʼn veld langs die R23-snelweg in die Glen Marais-omgewing aan die Oos-Rand ontbied nadat die plaaswerker van ʼn nabygeleë plaas op die liggaam afgekom het.

“Paramedici is sowat 600 meter van die pad af die veld in gelei waar die liggaam aangetref is. Hy het verskeie groot wonde aan sy kop gehad en was reeds dood. Sy hande en voete was ook vasgebind,” het Meiring gesê.

Kapt. Jethro Mtshali, woordvoerder van die Kempton Park-polisie, het aan Maroela Media bevestig die man, in sy laat 20’s, is met verskeie koeëlwonde aangetref.

“Die motief vir die moord is nie in dié stadium bekend nie. Voorlopige ondersoek dui daarop dat die man moontlik van êrens na die veld geneem is, waar hy geskiet is. ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen om vas te stel hoeveel keer hy geskiet is,” het Mtshali gesê.

Die man het geen vorm van identifikasie by hom gehad nie en die polisie is nog besig om sy identiteit te probeer vasstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

wessie ·

As mens kyk hoe die gereg in ons land optree,sal meer en meer mense so gevind word. Hoop die kerel het sy dood verdien en was nie onskuldig. As dit n plaas aanvaller was,well done. Los hom vir die aasvoels.

Ashley ·

Wessie, in my opinie maak dit nie saak hoe erg iets is wat jy gedoen het nie moord bly verkeerd.

nic ·

Hoekom word plaasmoorde en aanvalle op oumense so gou vergeet maar dat n aanranding op n anders kleurige gebeur is daar geweld . Vir my bly n moord n moord en aanvalle op wie ook al diesefde .

Michael ·

Die beskrywing is so vaag weet die polisie darem of die persoon wit of swart is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.