Man se liggaam in woonstel aangetref

Morné van Eeden se liggaam is in sy woonstel aangetref. Foto: Facebook

ʼn Middeljarige man is in sy woonstel in Port Elizabethse woonbuurt Sydenham met veelvuldige steekwonde aan sy bolyf aangetref.

Morné van Eeden (42), wat alleen in sy woonstel in Voyle Complex, Ambrosestraat, gewoon het, is Dinsdag om 22:00 die laaste keer gesien in die geselskap van ʼn onbekende man, sê ao. Alwin Labans, polisiewoordvoerder.

Woensdag omstreeks 05:30 het ʼn inwoner van die woonstelblok op pad werk toe gesien iemand het in die nag in hul motor vasgery wat op die parkeerterrein by die blok gestaan het.

Die inwoner het ʼn polisievrou gaan roep wat in die blok woon en toe sy begin rondkyk of iemand na aan die motor se staanplek wakker was, het sy gesien Van Eeden se voordeur staan oop.

Hy is ʼn klomp keer in sy bolyf gesteek.

“Nadat sy geroep het, maar Van Eeden nie antwoord gegee het nie,” vertel Labans, “het die polisielid sy woonstel binnegegaan en hom by die deur na sy slaapkamer in ʼn plas bloed aangetref. Hy is ʼn klomp keer in sy bolyf gesteek. Hy het ʼn kortbroek en ʼn T-hemp aangehad.”

Labans sê niks is uit Van Eeden se woonstel geneem nie en daar is ook nie tekens van ʼn struweling tussen hom en sy moordenaar nie. Die motief vir sy moord is nog onbekend.

Van Eeden se broer, Jeffrey van Eeden, wat ook in Port Elizabeth woon, het die hartseer nuus van sy broer se dood gister op Facebook aangekondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gesiggie ·

My innige meegevoel aan die Familie…. ek hoop die moordenaar word gekry?? geweld en moord raak elke dag net erger, n mens wil nie eers meer die nuus lees, dit maak n mens siek en sat.

leser ·

mm, dit moet seker ambrosestraat wees in tweede para -(ambrosestaat)

Onnie ·

Mense moet versigtiger wees. Jy kan nie sommer enige iemand na jou woonstel toe nooi nie. Daar is siek mense daar buite wat op die oog af baie normaal voorkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.