Man se liggaam langs dooie hond gevind

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie het ʼn aansienlike beloning uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van ʼn verdagte of verdagtes wat John Barnes (66), ʼn inwoner van Plettenbergbaai, Vrydagoggend in sy huis saam met sy hond doodgeskiet het.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Barnes se vrou het omstreeks 04:00 glo ʼn worsteling in die huis gehoor.

“Sy het gaan ondersoek instel en haar man se liggaam langs sy hond in ʼn ander kamer aangetref. Barnes is twee keer in sy bolyf geskiet en die hond is ook verskeie kere geskiet. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Pojie gesê.

Geen teken van geforseerde toegang tot die huis is sover gevind nie. Daar was ook geen spoor van ʼn verdagte of verdagtes nie.

“Sover vasgestel kan word, word niks uit die huis vermis nie.”

Hy het gesê die familie is erg getraumatiseerd en ontvang ondersteuning. ʼn Nadoodse ondersoek sal Dinsdag gedoen word. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Pojie het ʼn beroep op die publiek gedoen om met enige inligting na vore te kom wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan. Mense met inligting kan die ondersoekbeampte, ao. John Nomdu, bel by 044 501 1900 of 072 239 3298. Die grootte van die beloning sal bepaal word deur die aard van die inligting wat ontvang word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Fourie ·

Eish klink darem nie lekker vir my nie – die volgende is die vrou gaan verdink word! Geen geforseerde toegang – klink werklik nie goed nie.

pop ·

Mmmmm, nou hoor sy skote en n worsteling, en wraggies, sys so braaf en gaan stel ondersoek in. Bel nie die polisie en hol weg nie, nee sy stel baie braaf ondersoek in. Ons mag seker dink wat ons wil??

Knersus D ·

Ek hoop hulle het vroutjie se hande getoets vir koolstof residu… Somehow dink ek daar is iets omtrent haar storie…

BoereBikerBaby ·

something fishy is going on -as julle my vra… iets klink net nie reg omtrend die storie nie. Hoekom het die sogenaamde boewe nie by haar uitgekom nie? of het sy die deur vir hulle oopgesluit?

Wagner ·

Hoe hoor mens n struweling of worsyeling maar niks word gese van skote wat gehoor is nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.