Man se liggaam onder brug gestort

Die slagoffer se voertuig. Foto: Via @crimeairnetwerk/Twitter

Die Gautengse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn 36-jarige man Sondag onder ʼn brug in Brakpan aan die Oos-Rand gevind is.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder van Gauteng, het Maandag aan Maroela Media gesê die polisie is omstreeks 08:00 ontbied nadat die liggaam onder die brug op Snakeweg gevind is.

“By die polisie se aankoms is die man met ʼn geweerskoot aan sy kop aangetref. Paramedici is ontbied en die man is op die toneel dood verklaar,” het Masondo gesê.

Later die dag is die man se motor, ʼn wit Volkswagen Polo Vivo, verlate in die Lindelani- informele nedersetting in Benoni opgespoor.

Masondo het gesê die motief vir die moord is onbekend en word ondersoek.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die man is reeds geïdentifiseer, maar sy naam kan nog nie bekend gemaak word voor al sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Denise ·

Ek wil net graag weet hoe slaap jy as jy so iets wreed aan iemand kan doen ???????

Priscilla ·

Weet nie wat die motief was nie ?? Hy is doodgeskiet vir sy motor…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.