Man se liggaam op KZN-strand gevind

Foto: Netcare 911

ʼn Man se liggaam is Vrydagoggend op ʼn strand by Umhlanga in KwaZulu-Natal gevind.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê verbygangers het omstreeks 06:15 op die liggaam afgekom. Die 36-jarige man het vermoedelik verdrink, hoewel die omstandighede rakende die verdrinking nie bekend is nie.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is deur lewensredders na die toneel ontbied kort nadat die man gevind is. Hulle het dadelik die man ondersoek, maar gevind dat hy toe reeds geen tekens van lewe meer getoon het nie.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.