Die liggaam van ʼn man, in sy 40’s, is Maandagoggend by die Seepunt-promenade in Kaapstad opgespoor.
Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die man se liggaam het in Beachweg naby ʼn openbare gimnasium gelê. “Die man het geen fisiese beserings gehad nie, en geen vuilspel word vermoed nie,” het Van Wyk gesê. Die man is op die toneel deur paramedici dood verklaar.
Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Die man se naam en adres is nog nie vasgestel nie.