Man se liggaam op Seepunt-promenade gevind

Die openbare gimnasium op die Seepunt-promenade. Foto: www.masterfibre.co.za

Die openbare gimnasium op die Seepunt-promenade. Foto: www.masterfibre.co.za

Die liggaam van ʼn man, in sy 40’s, is Maandagoggend by die Seepunt-promenade in Kaapstad opgespoor.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die man se liggaam het in Beachweg naby ʼn openbare gimnasium gelê. “Die man het geen fisiese beserings gehad nie, en geen vuilspel word vermoed nie,” het Van Wyk gesê. Die man is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Die man se naam en adres is nog nie vasgestel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.