Man se liggaam voor hospitaalhek aangetref

polisie-sapd

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die Oos-Randse polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle met ʼn ondersoek by te staan nadat ʼn man se liggaam Sondag in die vroeë oggendure voor die hek van ʼn hospitaal aangetref is.

Sers. Lerato Mngomezulu, polisiewoordvoerder, het gesê die 40-jarige slagoffer is omstreeks 03:00 deur onbekende mense by die hek van die Pholosong-hospitaal in Tsakane in Brakpan afgelaai, waarna hulle weggery het.

Dit is nie duidelik of die man nog geleef het toe hy afgelaai is en oomblikke later dood is nie, maar paramedici het hom by die hek dood verklaar. “Die slagoffer het verskeie steekwonde gehad,” het Mngomezulu gesê.

“ʼn Ooggetuie wat as ʼn veiligheidswag by die hospitaal werk, het gesien hoe ʼn onbekende motor daar stilhou en die man by die hek aflaai. Die veiligheidswag het die oorledene geken.” Die man is reeds deur sy familie uitgeken.

Die Tsakane-polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Mense met meer inligting oor die verdagte voertuig of die man se moord kan die polisie by 011 363 5300 bel of die Stop Misdaadnommer, 0860 010 111, skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

snoefie ·

natuurlik is daar nie kameras nie of dit werk nie en die wag was te bang om te kyk vir n registrasie nommer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.