Man se lyk deur gemeenskap opgegrawe

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn man van Limpopo wat ʼn week gelede begrawe is, is deur inwoners opgegrawe en buite sy huis neergesit.

“Die inwoners glo dat Glen Mthimuhulu (30) se familie die verkeerde man begrawe het,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle het die afgelope naweek die oorskot opgegrawe en die kis voor sy familie se huis in Shawela, buite Giyani, gaan neersit.”

ʼn Privaat lykshuis is ontbied om die liggaam te verwyder.

Mthimuhulu het glo sy suster in Augustus besoek. Hy het later die aand ʼn partytjie bygewoon en nie teruggekeer nie. “Sy suster het sy liggaam agt maande later in die staatslykhuis uitgeken,” het Otto gesê. Dit wou voorkom of hy deur ʼn motor getref is.

Hy is op 18 Mei begrawe. Lede van die gemeenskap het die familie daarvan beskuldig dat hulle die verkeerde persoon begrawe het.

ʼn Saak van grafskending en opsetlike saakbeskadiging word ondersoek. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.