Man se lyk in drein gevind

Argieffoto: ER24

Die liggaam van ʼn man, vermoedelik in sy 30’s, is Dinsdagoggend in ʼn stormwaterdrein in Bloemfontein gevind.

Volgens Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het die polisie paramedici omstreeks 08:30 na die toneel in Att Horakstraat ontbied.

“Plaaslike owerhede, waaronder die polisie se soek-en-reddingseenheid en die brandweer, was reeds op die toneel. Die man se liggaam is in die drein gevind. Hy was reeds dood,” het Van Huyssteen gesê.

Die presiese omstandighede rakende man se dood is onbekend en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.