Man se lyk in Kliprivier gekry

Nooddienswerkers op die toneel. Foto: Verskaf

Nooddienswerkers op die toneel. Foto: Verskaf

Die liggaam van ʼn man, vermoedelik 30 jaar oud, is Saterdag in die Kliprivier buite Meyerton in Gauteng gevind.

Chitra Bodasing Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê die liggaam was moontlik twee dae lank in die water voordat mense dit in die Henley on Klip-omgewing opgemerk het.

“Die man se liggaam het aan ʼn boomtak verstrengel geraak. Sy liggaam is losgemaak waarna paramedici en bemanning van die Midvaal-brand-en-reddingseenheid met ʼn rubberboot sy liggaam na die oewer gebring het,” het Bodasing Harduth gesê.

Dit is nog nie duidelik hoe die man in die rivier beland het of hoe hy dood is nie. ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen om die oorsaak en tyd van sy dood te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.