Man se lyk in landgoed-dam gevind

Argieffoto

Die liggaam van ʼn man is Maandagoggend in ʼn dam op ʼn landgoed in Centurion gevind.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê met hul paramedici se aankoms kort na 11:00  was die polisie en hul duikeenheid reeds op die toneel.

“Die polisieduikers was reeds besig om die liggaam uit die dam te haal. Paramedici het die man daarna ondersoek maar daar was niks wat hulle kon doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Van Huyssteen is die man vermoedelik in sy 40’s. Die presiese omstandighede rakende die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Takuuz ·

Jislaaik die berig loop oor van die inligting. Die voordeel is dat daar dan minder valse inligting ook is natuurlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.