Die liggaam van ʼn man is Maandagoggend in ʼn dam op ʼn landgoed in Centurion gevind.
Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê met hul paramedici se aankoms kort na 11:00 was die polisie en hul duikeenheid reeds op die toneel.
“Die polisieduikers was reeds besig om die liggaam uit die dam te haal. Paramedici het die man daarna ondersoek maar daar was niks wat hulle kon doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.”
Volgens Van Huyssteen is die man vermoedelik in sy 40’s. Die presiese omstandighede rakende die voorval word ondersoek.
Jislaaik die berig loop oor van die inligting. Die voordeel is dat daar dan minder valse inligting ook is natuurlik.