Man se lyk in noorde van Pta gevind

Foto: SAPD, Facebook

ʼn Man se liggaam is Dinsdag in Wonderboom-Suid in Pretoria gevind.

Konst. Mandlakayise Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die gemeenskap het omstreeks 11:40 op die man se liggaam afgekom en die polisie ontbied.

Volgens Zwane was die oorledene ʼn wit man, vermoedelik tussen die ouderdom van 45 en 50 jaar. Hy het ʼn groen baadjie, wit T-hemp en rooi broek aangehad. “Daar was geen sigbare wonde of beserings aan die liggaam nie,” het Zwane gesê.

“ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen aangesien vuilspel nie vermoed word nie. ʼn Nadoodse ondersoek sal egter die oorsaak van dood bepaal.” Die man se identiteit is nog nie vasgestel nie.

Zwane het gesê lede van die gemeenskap word versoek om die Wonderboompoort-polisiestasie te kontak indien hulle ʼn naasbestaande vermis of iemand ken wat by die bogenoemde beskrywing pas.

Ao. Johannes Kubayi kan by 071 637 1010 of 012 335 2818 gekontak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

snoefie ·

mm dit was nou so maklik om te sê ” n wit man” wat maak dit so VERKEERD, ONWETTIG, RASSISTIES OF MOEILIK om “swart” te sê wanneer dit n swart mens raak?

Chris duPreez ·

Wonderboom suid is in die Moot, Wonderboom is in due Noorde van Pretoria. Maar ek is baie bly om te sien dit is nog Pretoria. :)

SARIE VAN HEERDEN ·

Jy moet bly wees JY woon noegin Pretoia! Ek vervang my ouerige Garmin met ‘n splinternuwe en so wraggies, ek sukkel om die nuwe swart name daarop te volg.

anton ·

Ja Sarie, daarom het ek nooit weer my Garmin opgedateer of n ander een gekoop nie.
Want dan sal hy vir my niks werd wees nie!!! Ek sal dink ek woon nou in Angola of n ander Afrika land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.