Man se lyk in spruit gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn man is in ʼn spruit by Roodekrans in Roodepoort, wes van Johannesburg, gevind.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die nooddienste, het gesê die liggaam is Vrydag gevind.

“Dit blyk dat die man dalk ʼn dag of twee terug verdrink het. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Mulaudzi gesê.

Hy het gesê die oorledene is tussen 50 en 60 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.