Man se lyk in veld gevind

misdaadtoneel

Argieffoto

Die liggaam van ʼn onbekende man is Maandagmiddag in ʼn veld langs die R82 in Walkerville in Gauteng gevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn verbyganger wat deur die veld geloop het, het die liggaam omstreeks 12:00 gewaar.

“Toe paramedici op die toneel aankom het hulle die man aangetref waar hy ʼn ent weg van die pad af gelê het. Dit was duidelik dat hy al ʼn tyd lank dood was,” het Meiring gesê. Dit is nie duidelik wat die oorsaak van die man se dood was nie.

Meiring het gesê die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.