Man se lyk langs pad gekry

Die plek waar die man se liggaam gevind is. Foto: Verskaf

Die liggaam van ʼn man, vermoedelik 35, is Donderdagoggend langs die R501 tussen Carletonville en Potchefstroom gevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 07:00 na die toneel ontbied.

“Die man het ʼn wond aan sy nek gehad en geen teken van lewe getoon nie. Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Ao. Peter Masooa, woordvoerder van die Carletonville-polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

“Die man is met ʼn skerp voorwerp doodgesteek. Hy het nie enige vorm van identiteit aan hom gehad nie,” het Masooa gesê.

Hy het gesê die motief vir die moord is nie in die stadium bekend nie, maar vorm deel van die polisie se ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

jean ·

Wragtig erg dat ‘n lyk….iemand wat ‘n lewende mens was, sommer soos ‘n “roadkill” langs die pad gevind is Ons is ‘n verlore land….

Cherokee ·

Die nuus is vaag – onbekend maar vermoedelik 35. Nie middel dertigs maar gespesifiseerd 35. Carletonville en Potchefstroom is sowat 50 kilometer verwyderd. Ag, wat ek hier noem maak nie werklik saak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.