Die liggaam van ʼn 46-jarige man is Woensdag omstreeks 06:00 langs ʼn pad in die Brandvlei-omgewing in Randfontein, Gauteng, aangetref.
Konst. Carmen Hendricks, woordvoerder van die polisie, sê ʼn ondersoek op die toneel het aan die lig gebring dat die man se liggaam daar gestort is. Hy is vermoedelik verwurg.
Volgens Hendricks word die man se Chevrolet Utility-voertuig tans vermis. Sy het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om op die uitkyk vir die voertuig te wees.
“Dit is ʼn wit Chevrolet Utility met die handelsmerk FSG Property Service op die kant aangebring. Die nommerplaat van die voertuig is BW 54 FD GP. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word,” het sy gesê.
Enigiemand met meer inligting kan dit by Stop Misdaad by 0860 010 111 aanmeld. ʼn SMS kan ook gestuur word na 32211. Inligting kan anoniem deurgegee word.
Ons is vinnig oppad na dié dag se 57 moorde in die helhool, hoop die anc regime tel saam ons elke dag.
Net nog n moord, net nog n dag… Dis al so alledaags soos asemhaal.. Hoe lank gaan dit nog so in hierdie siek en misdaad geteisterde land gaan??
Dit gaan erg in SA wonder net al hierdie moorde verkragtings diefstal of dit deur SA gedoen word gee asb statistieke vir ons
Vra vir CR hy weet mos als. Almal lieg behalwe hy.