Man se lyk ʼn week ná meisie se moord gevind

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Man wat daarvan verdink word dat hy sy meisie vermoor het, se liggaam is Dinsdag aangetref naby die plek waar sy meisie se liggaam ʼn week vantevore gevind is.

Kapt. Bonginkosi Msimango, polisiewoordvoerder, het gesê Johannes Vusimusi Hlatswayo (31) se liggaam is naby die Snake Valley-skietbaan by die Swartkop-lugmagbasis in Pretoria gevind, waar dit aan ʼn boom gehang het. Hlatswayo het glo op 5 Oktober vermis geraak en sy bekommerde familielede het sy kollegas by die lugmagbasis in kennis gestel.

Die slegte reuk van ʼn ontbindende lyk het uiteindelik tot die opsporing van sy liggaam gelei. Hy het vermoedelik selfmoord gepleeg.

Dit kom nadat Rapetowne Beulaha Johlidze, Hlatswayo se meisie, se liggaam op 5 Oktober ook naby die skietbaan gevind is. Haar liggaam is langs ʼn motor gevind en sy het verskeie steekwonde en kopbeserings gehad. Volgens Msimango word vermoed dat Hlatswayo vir Johlidze se moord verantwoordelik was.

ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.