Man se lyk ná oggendstap gevind

strand_sand_golwe_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

Die liggaam van ʼn man, wat Saterdagoggend met sy hond gaan stap het en nie weer teruggekeer het nie, se liggaam is die middag uit die see by Kleinmond in die Wes-Kaap gehaal.

Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is die instituut se Hermanus-bemanning en reddingswerkers van die Wes-Kaapse nooddienste Saterdag omstreeks 13:45 na ʼn strand in Kleinmond ontbied.

Die man, in sy 60s, het die oggend soos gewoonlik met sy hond op die strand gaan stap, maar nie teruggekeer nie. Sy familie het alarm gemaak en ʼn soektog is van stapel gestuur. Die hond is gevind waar dit alleen op die strand rondgeloop het. Reddingswerkers en familielede het al langs die kuslyn en tussen die sandduine na die man gesoek.

Die man se liggaam is kort daarna in die see gevind waar dit in vlak water gedryf het. Hy is op die toneel dood verklaar.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ‘n geregtelike doodsondersoek begin is. Die oorledene se naam kon nog nie bekendgemaak word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Daan ·

Die berig is akkuraat en bevat die tersaaklike inligting wat tans beskikbaar is. Ons hoop die nadoodse ondersoek sal meer lig op die saak werp.

Daan ·

Soos in die berig vermeld, is daar ‘n geregtelike ondersoek geloods. Dit is normale praktyk vir gevalle waar die dood nie ondubbelsinnig aan ooglopend natuurlike oorsake toegeskryf kan word nie. Ons verkies om met feite om te gaan eerder as spekulasie. My broer was ‘n buitengewoon aktiewe, fikse en saggeaarde mens en so gesond in sy gees soos mens kan wees. Dus: Moenie die berig afmaak as vaag nie, die besonderhede rondom sy dood is tans vaag en ons vertrou dat die geregtelike doodsondersoek vinnig meer lig daarop sal werp.

christine ·

Daan ons innige meegevoel. Dra asb aan familie oor. Dis hartseer.

Hannelie ·

Daan ons innige meegevoel jul word opgedra in ons gebede. Een troos is jul het jul broer gevind en kan berusting vind. ‘n Vriendin van my se pa se liggaam is nogsteeds nie gevind nie. En sy kan nie afsluiting kry nie. Sterkte vir julle.

Karma ·

@Daan & gesin – sterkte en simpatie vir julle – ek hoop jul kan berusting vind daarin dat julle ten minste sy liggaam gekry het om te ruste te kan lê. Mag ek vra of jou broer se hond darem teruggekeer het en veilig is?

Maggie ·

Daan, my innige meegevoel en gebede gaan met jou en jou familie. Mag ons Hemelse Vader julle versterk in hierdie hartseer tyd.

Vivienne ·

Ai Vince….. Daan sterkte aan julle en aan al die familie.

Leon ·

Baie tragies. Net so jammer dat sulke negatiewe kommentare altyd oor sulke tragiese gebeure geskryf word.
Baie en innige simpatie aan almal wat hierdeur geraak word. Ek kan glo die gemeenskap is ook geruk hierdeur.

Katryn ·

Vince, nee! Was dit nou nodig?
Daan, baie sterkte en innige simpatie vir jou en die familie.

Theresa ·

Tragiese gebeure! Sterkte aan die familie en vriende. Mag daar spoedig vir jul meer antwoorde wees.

Cecile van Zyl ·

Die ‘oom’ is naby familie van my. Asseblief respekteer die gesin in hierdie baie moeilike tyd. Meer inligting sal sekerlik bekendgemaak word soos die tyd toelaat.

Wilma ·

Innige simpatie aan Daan en sy familie… hier is party mense wat net nuuskierig is… en dit maak my partykeer baie harsteer… hulle het geen simpatie met die mens self nie, hulle lewer eerder kommentaar oor hier tekort en daar te lank in ‘n berig. Sies vir julle…

NICKEY VAN NIEKERK ·

Die hond het tot die bittereinde gebly en vir sy OUBAAS gewag, weereens die mens se beste vriend/ versorg hom goed asseblief,,hy het ook hartseer.

PETRO

Maggie ·

Hierdie deel van die berig het my ook diep getref. Hier het ons weereens ‘n bewys van ons diere se getrouheid aan hul eienaars. Tog word so baie diere nog steeds mishandel. Ek dink dat daardie dierekind se hart baie seer is en as hy kon praat presies kon oordra wat gebeur het. Ek glo dat hy baie liefde in sy mense se huis kry. Dankie daarvoor. Mag ons Pappa Vader julle en ook jul dierekind in sy arms toevou en vertroos.

jaco ·

Vir almal wat nie dit nuuskierigheid en beskuldigings van misdaad verstaan nie: Onthou net mense, ons leef in n land waar wit mense se lewens bitter bitter min werd is. Geweldsmisdaad is amper aan die orde van die dag. Ons is nie in Australië, Nieu-Seeland, Kanada, Swede of Finland nie.

NICKEY VAN NIEKERK ·

Neem aan “alle” kommentaar is hiermee afgehandel??????

GAUTENG ER

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.