Man se lyk naby Bfn-treinspoor gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Verkoolde lyk is naby ʼn treinspoor in Fichardtpark in Bloemfontein in die Vrystaat gevind.

Konst. Wendy Nkabi, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggaam is Maandag omstreeks 07:00 deur verbygangers gevind. Volgens Nkabi is die oorledene, vermoedelik ʼn 32-jarige man, verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek.

Nkabi het gesê die oorledene se liggaam is erg verniel voordat dit aan die brand gesteek is en onherkenbaar verkool het. Die oorledene het ʼn swart broek, ʼn wit T-hemp en ʼn swart baadjie aangehad. Sy liggaam is in ʼn kombers toegedraai.

Nkabi het gesê in dié stadium is die motief vir die moord nog onbekend. ʼn Saak van moord word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.