ʼn Man se liggaam is op ʼn strand naby Hibberdene aan die KwaZulu-Natalse suidkus gevind.
Robert Mackenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê die man se liggaam is op ʼn afgeleë deel van die strand gevind.
“Daar word vermoed dat die man, wat ʼn duikpak aangehad het, geduik of gesnorkel het maar die presiese omstandighede rakende sy dood word deur die polisie ondersoek,” het Mackenzie gesê. Die man was glo in sy 50’s.