Man se lyk op kleinhoewe gevind

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Man se liggaam is Woensdagoggend in sy huis op ʼn kleinhoewe naby Cullinan gevind, nadat hy vermoedelik in die huis doodgeskiet is.

Kapt. Sarah Mcira, woordvoerder van die polisie, het gesê Brand Steyn (40) se liggaam is in sy slaapkamer gevind, met ʼn koeëlwond in sy kop. ʼn Vriend van Steyn het glo bekommerd geraak omdat hy Steyn sedert Dinsdag nie op sy selfoon in die hande kon kry nie. Hy het gaan ondersoek instel en op sy liggaam afgekom.

“Dit is nie duidelik wanneer Steyn vermoor is of wat die motief vir die moord was nie,” het Mcira gesê. “Sover kan ons nie bevestig of enigiets uit die huis vermis word nie. Ons weet ook nie hoeveel verdagtes betrokke was nie. ʼn Vuurwapen waarvan die reeksnommer afgevyl is, is wel op die toneel gevind.”

Mcira kon nie bevestig of Steyn op die kleinhoewe gewerk het nie, maar het gesê hy het alleen gewoon. ʼn Saak van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

michelle ·

Dit is skrikwekkend hoe baie blankes vermoor word vir selfone of n paar honderd rand.

Gesiggie ·

Moord… moord .. moord elke dag elke uur… dit is skrikwekkend”’ en ons vraag weer…??? gaan dit ooit stop, NEE EK GLO NIE” want dit is te maklik” ons moor en ons kom weg met dit… ek vra altyd, maar ek weet dit sal nie gebeur? VAT WAT JY WIL JOU SKELM… MAAR MOET NIE DIE PERSOON VERMOOR… Al kan hy/sy jou uitken… Sit gaan jy in elk geval, AS JY GEVANG WORD..maar teminste sal jou tyd korter wees vir huisbraak… as vir moord? maar so kan jul nie daaraan dink… want jul wil onslae raak… so onnodig en dit als vir GELD”” My innige meegevoel aan Brand Steyn se Familie…mag jul gou antwoorde op al die vrae vind…?

lynette ·

Ek wonder oor die wapen wat gevind is. Die algemene rower steel jou wapen maar los defnitief nie enige wapen agter nie.

Margaret ·

Hoop hulle kom agter die moord en vang die duiwel of duiwels

Skokkend ·

Dit is nou elke dag se nuus!!! Maroela kan amper berig hou en net nuwe name en plek invul. Ek hoop regtig die wereld en mense regte sien die berigte en gryp in!!!!!

Liewe heksie ·

Nog een nog een en nog een hoop en hoop en nogmaals hoop bid en bid en nog n keer bid is daar iets wat GOD ons wil sê moet ons self n stok optel en begin veg is dit nie hkm GOD daai stok voor jou laat lê nie ek wonder maar net o Vader in die hemel help ons want ons kan onself nie help nie Amen

janneman ·

Ek stem, moordenaars los nie wapens nie, hulle soek en steel meer. Hier is n ander slang in die gras……..

Cecily ·

Wond in kop wapen was daar niks tans vermis het hy nie dalk selfmoord gepleeg nie.

charlene ·

Motief vir moord: Hulle het nie een nie, hulle moor omdat hulle wil en dadelik genot daaruit put

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.