Man se lyk op sypaadjie gevind

misdaadtoneel

Argieffoto

KwaZulu-Natalse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn man se liggaam Sondagoggend op ʼn sypaadjie in Pietermaritzburg gevind is.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 06:20 na die toneel in Longmarketstraat ontbied nadat verbygangers op die man se liggaam afgekom het. “Die man het veelvuldige steekwonde aan sy lyf gehad. Daar was niks wat paramedici kon doen nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het sy gesê.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die man, vermoedelik in sy 30’s, se identiteit kon nog nie vasgestel word nie. “Die motief vir die moord is nie in dié stadium bekend nie en sal ondersoek word,” het sy gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pastoor ·

As jy vandag in die oggend jou huisverlaat is jy nie mer seker dat jy weer vannaand in jou huis sal inloop nie. Wees dus gereed om hierdie wereld enige tyd te verlaat. Dit is rof daar buite. Loop altyd met die Volle Wapenuitrusting aan. Rof man rof

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.