Man se lyk spoel op PE-strand uit

Die omgeslaande vissersboot, die Maredon, in die see nadat die boot naby Kaap St. Francis in die Oos-Kaap omgeslaan het. Foto: NSRI

Die liggaam van nog een van die vissermanne wat Sondag vermis geraak het nadat hul boot in die see naby Kaap St. Francis in die Oos-Kaap omgeslaan het, is Donderdag gevind.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn lid van die publiek het omstreeks 08:00 op die liggaam afgekom waar dit by Kini Bay in Port Elizabeth uitgespoel het. Die liggaam is later as dié van Sihle Dlamini (39), een van die agt vermiste vissermanne, geïdentifiseer.

Maroela Media het vroeër berig ʼn tjokkaboot met 16 vissermanne aan boord, het Sondag omstreeks 03:30 in die see naby Thyspunt omgeslaan. Sewe vissermanne is later lewend op ʼn strand gevind en ses van hulle is gehospitaliseer. Een van die vissermanne se liggaam is Sondag langs die kuslyn naby Sunset Rocks gevind.

ʼn Grootskaalse soektog is na die oorblywende agt vissermanne van stapel gestuur. Woensdag omstreeks 09:00 het reddingswerkers gesien hoe ʼn liggaam in die see naby Blue Horizon Bay in PE dryf. Die liggaam is uit die water gehaal en na die hawe by St. Francisbaai geneem. Die persoon is later as Mbongeni Gift Zulu (43) van Jeffreysbaai geïdentifiseer.

Die soektog duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

john samuel ·

Tragies, en ek is jammer vir die vissersmanne se families…
Maar waar was die reddingsbaaitjies..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.