Man se lyk uit see gehaal

Sodwana (Foto: safarinow.com via NSRI)

ʼn Suid-Afrikaner wat in Londen gewoon het en saam met sy gesin op vakansie was in Sodwanabaai aan die KwaZulu-Natalse Noordkus, het verdrink terwyl hy saam met ʼn vriend gesnorkel het.

Dorian Robertson, die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se Richardsbaai-stasiebevelvoerder, het gesê die NSRI is teen 13:55 deur personeel van die iSimangaliso-vleilandpark ingelig oor ʼn 36-jarige man wat by Jesser Point in die see verdwyn het.

Volgens Robertson het die man saam met ʼn vriend gesnorkel toe hulle deur seestrome meegesleur is. Die man se vriend kon daarin slaag om veilig die strand te haal en het hulp ontbied.

Mense van verskeie organisasies en instansies in die omgewing het met ʼn uitgebreide soektog begin. Die polisie is ook later ontbied. Die soektog het tot ná donker voortgegaan en is vroeg vanoggend hervat. Die polisie se soek- en reddingsduikeenheid het die man se liggaam kort hierna in die water gevind. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die man se liggaam is deur die forensiese patologiedienste verwyder en die polisie het met ʼn geregtelike doodsondersoek begin. Sy familie word bygestaan deur die polisie, iSimangaliso en ander instansies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Innige meegevoel met familie en vriende. So jammer dit het gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.