Man se naakte liggaam in huis gevind

crimeTwee mense is in hegtenis geneem nadat ʼn man se naakte liggaam in sy huis in Kempton Park aan die Oos-Rand gevind is.

Kapt. Jethro Mtshali, woordvoerder van die polisie, het gesê die 46-jarige man se lyk is in sy slaapkamer in sy huis in Bredell gevind. Sy geslagsdele was gekneus en die polisie vermoed hy is verwurg aangesien daar letsels aan sy nek was.

Volgens Mtshali is twee mans, 34 en 37 jaar oud, Vrydagaand in Bronkhorstspruit in hegtenis geneem in verband met die moord. Die twee verdagtes het in die vermoorde man se motor rondgery.

“Die verdagtes het die man se Mazda 3, klere, ʼn selfoon, ʼn skootrekenaar en sy beursie gesteel,” het Mtshali gesê.

Die verdagtes sal binnekort in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn vir die besit van ʼn gesteelde voertuig. Hulle sal ook die Kempton Park-landdroshof verskyn op aanklag van moord en huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

Die skepping van 1994 tot nou. Ons word toegelaat om die wreedste te wees…..
Hoe verander ons dit???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.