Man se naasbestaandes gesoek

Willem Simon van As.

Willem Simon van As.

Die Uitenhage-polisie is op soek na die naasbestaandes van Willem Simon van As (61) wat onlangs ernstige beserings in Port Elizabeth opgedoen het.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Van As is op 4 Junie in die Livingstone-hospitaal opgeneem nadat hy glo van trappe by ʼn gebou afgeval het.

“Hy is by sy bewussyn, maar kon nog nie naasbestaandes identifiseer nie en ons probeer nou iemand opspoor,” het Swart gesê.

Swart het ʼn beroep gedoen op mense met inligting oor Van As se naasbestaandes om ao. Wilfred Swartbooi by 073 768 4308 of die polisiestasie by 041 996 3438 te bel.

Opvolg: Beseerde se broer opgespoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gesiggie ·

Dit is so hartseer, dat die man nie sy naas bestaandes kan onthou… maar ek Glo met die hulp van Maroela Media en ander lesers, sal sy Familie gou gevind word… sterkte Mnr Van As hoop dat jy sommer gou sal hestel…

MissDemeanor ·

Ai dit klink verskriklik. Ek hoop hy herstel gou en dat hy iemand het wat vir hom omgee wat hom sal kom besoek en oor hom ontferm.

Delia ·

Ai, as mens na die uitdrukking in die oge kyk, lyk die man platgeslaan….hoop en bid hy het familie wat omgee vir hom en hom sal bystaan met liefde.

Hannelie ·

Hi Delia dis ‘n ID foto van hom, dis hoekom dit so strak lyk. Ek bid dat sy familie die berig lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.