Man se ontbinde lyk aan boom gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om te help om die identiteit van ʼn wit man vas te stel wie se ontbinde liggaam hangend aan ʼn boom aangetref is.

Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Donderdag aan Maroela Media gesê die man se liggaam is Dinsdagmiddag gevind.

“ʼn Persoon wat besig was om hout in die veld langs die M19-snelweg en Otto Volek-weg in New Germany in Pinetown op te tel, het op die man se ontbinde liggaam afgekom,” het sy gesê.

Die man het geen identifikasie aan hom gehad nie. Hy het ʼn kortbroek en kakiekleurige hemp aangehad.

ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen om te bepaal hoe en wanneer die man dood is en of vuilspel betrokke is.

Die Pinetown-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Enigiemand wat weet wie die man of sy naasbestaandes is, word versoek om sers. Mariette Smith by 031 325 5054 of Crime Stop by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Sjoe ·

1994 was die “New South Africa ” ons is nou in die “Brand new South Africa “

LB S ·

Skerp, maar ons gaan beslis na 1 April BRAND new SA wees wanneer 17 miljoen staatshulp mense nie hulle maandelikse geldjie kry nie! Ek dink ons is regtig nou in vir ‘n rowwe tyd. Anargie. Terwyl al die aandag daarop sal wees, gaan meer plaasanvalle en ander moorde plaasvind. Die polisie is NIE opgewasse teenoor dit wat gaan kom nie, die mank Weermag ook nie! Mag die Liewe Vader ons help!

Kosie ·

Maroela, kan julle asseblief dalk ander foto gebruik vir soortgelyke berigewings? Die foto is al holrug gewys op eenderse berigewings en ek dink elke keer dis dieselfde saak…

Pik ·

Ja hierdie hopie klippe laat my maag al draai as ek dit sien. En daardie arme paramedikus vrou met die rooi klere wat elke keer by alle ongelukke bukkend help is seker al baie moeg en verdien n vakansie.

Christa ·

As ek ‘n afleiding moet maak, klink dit vir my volgens die beskrywing van sy klere of dit ook ‘n Boer is. Ek hoop ek is verkeerd!!!

Oom Johan Willemse ·

Maroela Media en die SAPD kan gerus besonderhede plaas indien hulle hulp verwag van die gemeenskap om iemand te identifiseer. ‘n Blanke man met ‘n kortbroek en kakiehemp. Wat van lengte en gewig, geskatte ouderdom, haarkleur en dies meer. Min mense is heldersiendend genoeg om op die gegewens verskaf te reageer.

Magda ·

Die lyk is ontbind. Daar kan nie gese word watter velkleur dit was nie. Kortbroek behoort n goeie aanduiding te wees. n Goeie begrip het n halwe woord nodig.

Andre ·

n Nadoodse ondersoek word gedoen om vas te stel of vuilspel betrokke was??? Rerig? Die felt dat hy aan n boom vas gemaak is sê vir die polisie dit was n speletjie?

Mr P ·

Hoekom nou wit man noem. Indien hy swart was het julle dit geheim gehou anders is dit rasisties.

Elsa ·

Wel, dit maak dit beslis makliker vir familie in die omgewing wat iemand vermis, as die ras bekend is. As ek swart is en vermis my kind, gaan ek nie angstig raak as ‘n wit liggaam gevind word nie.

Tina du Toit ·

Die ou kan hom verseker nie self teen die boom gaan vas maak nie, so jaaaaa, duidelik was daar vuilspel.!!!!!

Cindy ·

miskien het die ou homself dalk gehang? Die berig se die liggaam was hangend aan die boom gevind en nie vas gemaak aan die boom nie

Marelize ·

Hoekom klaar aanneem hy is vermoor? Hangend kan ook beteken hy het homself opgehang?

SARIE VAN HEERDEN ·

Geluk Maroela, dat jul minstens ‘n aanduiding gee van die man se ras. Hoe moet ons die polisie help om ‘n skelm vas te trek as ons net na ‘n “man” of net ‘n “vrou” moet soekl? Of moet ons maar aanneem wat onsself dink?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.