Man se oorskot gekry ná krokodil hom glo gryp

Foto: SAPD

Die polisie in Limpopo het die oorskot gevind van ʼn man wat glo Maandag deur ʼn krokodil aangeval is toe hy visgevang het.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, is daar Woensdag op die oorskot van die man in die Levuburivier by Thohoyandou afgekom.

“Die 31-jarige man is glo Maandag omstreeks 18:00 deur ʼn krokodil aangeval terwyl hy visgevang het.”

Volgens Mojapelo het die man glo saam met ʼn groep mense visgevang toe hy skielik deur ʼn krokodil gegryp en in die water ingetrek is.

Die polisie is ontbied en daar is onmiddellik met ʼn soektog na die man begin. Sy oorskot is Woensdagmiddag gevind ná ʼn intensiewe soekoperasie.

Die oorledene is intussen geïdentifiseer as Nephawe Rabelani.

Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

MJ ·

Hoekom was die man (en die hele groep mense) nie in hul huise nie?

koos10 ·

MJ dis die perfekte vraag. Nou word hulle burgelike ongehoorsaamheid die SAPS se probleem ook, asof hulle nie genoeg het om te doen nie!

JC Venter ·

Ek dink nie julle verstaan dit waarmee alle mense in die uitgestrekte land mee te kampe het nie, sekeres weet nie eens van die virus nie, ander is van die omgewing soos naby riviere waar hulle woon van kos afhanklik, daar is nie winkels of so naby nie. Daar is mense wat in bergagtige gedeeltes woon, valleie waar ons ander mense nie eens uitkom nie. Wat van boere op hul plase, moet hulle ook in selfopgelegde afsondering die deure van hul huise vir 21 dae agter hulle sluit as hulle binne hul woning is? Ook die 20 plaaswerkers?

Frannie ·

Hulle bly ver in rural area’s en weet waarskynlik nie eens van die “lockdown” nie. Dis hoekom hulle nie in hulle huisies is nie. Hulle vang vis vir kos, want hulle het nie geld om gou Spar toe te gaan nie.
Terwyl julle op Lockdown is, leer sommer so bietjie Aardrykskunde dan sal julle nie so gou oordeel nie. Kennis is mag.

Pieter J ·

As ek moet visvang in ń rivier waar daar krokkedille is sal ek maar baie věr van die water af sit met my visstok want hierdie reptiele is berdrieglik vinnig en sterk daarby. Geen persoon het ń kans teen hulle nie. Hierdie mense het elke dag met die gediertes te doen en ek dink hulle raak te gerus en vat dan kanse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.