Man sê rassistiese woord was onnodig

Argieffoto

Argieffoto

Andre van Deventer (36) het Vrydag in die landdroshof in Kaapstad gesê dit was onnodig om ʼn huishulp ʼn “k****r” te noem maar dat hy deur woede aangevuur was.

Van Deventer het getuig dat hy baie ontsteld was toe Gloria Kente hom in Junie verlede jaar onderbreek het terwyl hy besig was om bier te drink en ʼn elektroniese toestel aan ʼn televisie te koppel. Van Deventer het gesê hy het die woord gebruik om na Kente te verwys terwyl hy in ʼn woordewisseling met sy voormalige vriendin betrokke was.

Kente het glo Van Deventer se seun by hom gelos sodat sy kon gaan stort. Kente het glo gehoor hoe Van Deventer haar beledig het terwyl sy in die stort was. Van Deventer en Kente het hierna in ʼn woordewisseling betrokke geraak waarna Van Deventer glo weer vir Kente gesê het sy is ʼn “k****r”.

Van Deventer het skuld erken op die aanklag van crimen injuria maar ontken dat hy Kente aangerand het. Volgens Kente het Van Deventer haar aan die arm gegryp en in haar gesig gespoeg.

Kente het ook ʼn skadevergoedingseis van R100 000 by die gelykheidshof in Kaapstad ingedien en eis dat Van Deventer haar om verskoning moet vra. Die gelykheidshof sal na verwagting op 24 Oktober uitspraak lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

jakoos ·

Maroela, julle moet nie die storie oor die hofsaak wegsteek nie. Dis baie belangrik dat mense – veral natuurlik Afrikaners – begin leer en besef dat hulle in die toekoms toenemend in die hof gaan beland met bewerings van hierdie aard of dit nou waar en gegrond is of nie.

Solank jy hierdie mense in jou huise inneem en van hulle “goedkoop” arbeid gebruik maak, gaan jy ‘n potensiele ontvanger van ‘n eis word!

Henk ·

Dit is so waar,vandat ons,ons werk self doen,is daar geen spanning,en ons kruideniersware hou nou ook tweemaal,langer,dit is n miete dat dit koedkoop arbeid is,alles in aggenome,is dit die duurstem arbeid ter wêreld.

Suzette ·

Henk dis waar woorde. Dis beslis die duurste arbeid ter wêreld. Skielik verdwyn niks meer so onverklaarbaar nie. Alles hou tot die einde van die maand en weet jy wat as die stof op die rak lê stof jy dit maar more af. Almal werk saam en dit werk uitstekend. Meer sakgeld vir die kiddies. Ons werk albei, en glo my met die opdeling van takies kom alles gedoen. Geen onheilige oe wat inligting uit jou huis laat uitlek nie. PUNT

Lekker in SA ·

Ek erken ruiterlik ek kan nie sonder my huishulp klaarkom nie. Sys die beste ding wat met ons gesin kon gebeur het!! Geen verwyte of baklei oor wie wat doen nie. Ons werk hard genoeg en offer baie op om haar te “verdien”.

cilia ·

Vriende van ons is R20 000 armer aan prokureur kostes en 4 dae in die hof nadat hulle werker beweer het sy is aangerand en gevloek. Dit terwyl sy n lekker party gehou het terwyl hulle uitstedig was. Toe sy gekonfronteer word verander alles in rassisme. Hulle is wel onskuldig bevind.

scalla ·

kan iemand asb vir my se waar kom die k r woord vandaan, volens my was jare terug dit ook naturel, bantoe, ens, daar moet mos n rede wees.

Nico ·

Die woord het, soos die meeste ander “rassistiese woorde” geen rassistiese oorsprong. Dit is ‘n Arabiese woord wat eintlik beteken heiden, d.w.s nie Moslem. Ek weet nie hoekom die woord, wat op alle Afrikane gebruik is, in SA so gevestig geraak het nie. Ek verstaan daar is ‘n soortgelyke woord wat vir nie Moslems, wat nie swart is nie, in die Midde Ooste gebruik word. Ongelukkig word sekere woorde rassisties gebruik. Dit is maar normaal onder groepe wat in groot konflik met mekaar is. In 1994 toe die ANC besluit het om sekere rassitiese woorde te verbied, was die woord “Boer” ook onder hulle. (Ons het toe self daarteen beswaar gemaak en gevra dat die woord van die lys verwyder word.) Dit wys dat hulle die woord beslis met rassistiese intensie gebruik. Maar ons ervaar dit nie rassisties nie, want ons is trots op onsself. Dit sal beter gaan as swartes self ophou om sleg te voel oor woorde. Op die ou end kan jy nie rassisme stop deur woorde te verbied nie.

Desmond ·

“skadevergoedingseis van R100 000”
Hoekom en vir wat? BELAGLIK.

Ja, ongelukkig kan mens nie so hard daaroor praat nie. Ek is seker daar is talle woorde wat hulle vir die wit nasie het? Maar dis nie iets van “veg vuur met vuur nie” maar ek het nog NOOIT respek vir ‘n KRIMINEEL gehad nie, wit of swart. Ons het al hoeveel presidente gehad wat SO kwalifikasie het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.