Man se regstryd om grondbesetters te verwyder

Boshoff en sy voertuig is met klippe bestook. Op die foto kan sy motor se gebreekte venster gesien word. Foto: Verskaf.

Pieter Boshoff (70), die eienaar van ʼn stuk landelike grond in Burgersfort in Limpopo, naby die Mpumalanga-grens, is Sondagoggend ingewag deur ongeveer 70 gemeenskapslede wat vroeër vandeesmaand begin het om strukture op sy grond op te rig.

Boshoff besit sedert die vroeë negentigs dié 160 ha-gedeelte van Leeuvallei-eiendomme vanwaar hy ʼn sakeonderneming bedryf. ʼn Gedeelte van die grond is vir dorpsontwikkeling gehersoneer.

Chanta van der Walt, Boshoff se prokureur van Pretoria, het aan Maroela Media gesê gelukkig kon Boshoff Sondag betyds daarin slaag om van die toneel weg te kom.

Boshoff het op 8 Augustus ʼn klag van betreding by die Burgersfort-polisiestasie aanhangig gemaak nadat besetters erwe op sy grond uitgemeet het. Volgens Van der Walt het die polisie aanvanklik geweier om ʼn saak aanhangig te maak en is daar eers ná ingryping van AfriForum daarin geslaag om die saak aanhangig te maak.

Van der Walt sê polisiebeamptes het op die toneel vir Boshoff daarop gewys dat drie vooraanstaande sakemanne van die dorp glo die erwe op sy grond uitmeet en dit dan aan die gemeenskap vir R2 500 elk verkoop.

ʼn Dringende aansoek is op 9 Augustus in die hooggeregshof in Polokwane aangehoor en adv. Marisa Naude, soos per instruksie van Van der Walt, kon daarin slaag om ʼn tussentydse bevel vir die verwydering van alle betreders en strukture te bekom.

Die bevel is op 10 Augustus deur die balju op alle respondente, asook die polisie in Burgersfort en die polisiekommissaris in Polokwane beteken.

Die besetters het egter nie van die grond af padgegee nie. Van der Walt vertel dat Boshoff op 11 Augustus met klippe bestook is en dat sy voertuig ook in die proses skade gely het. Teen 12 Augustus was die gemeenskap besig om permanente strukture op te rig. Boshoff is glo deurentyd deur die betreders gedreig.

“Die tussentydse hofbevel is op 14 Augustus finaal bekragtig teen respondente 5, 6 en 7, maar die prokureur vir respondente een tot vier het gesê hulle sal die bevel teenstaan en die saak is uitgestel na 21 Augustus,” het Van der Walt gesê. Die respondente sluit in die drie sakemanne, die besetters, die balju van Burgersfort, die provinsiale polisiekommissaris en die SAPD in Burgersfort.

Foto: Verskaf.

Sy sê verder dat sy deur die respondente se prokureur in kennis gestel is dat adv. Dali Mpofu, verbonde aan die EFF, as húl advokaat sal optree.

Die polisie het volgens Van der Walt Donderdag by Boshoff se eiendom opgedaag met ʼn kontrakteur om pale uit die grond te trek en die strukture af te breek.

“Die betreders het toe glo Vrydag by die kontrakteurs se kantore in die dorp opgedaag en hulle gedwing om ʼn R50 000 bestelling uit te skryf vir ʼn hardewarewinkel waar die kontrakteurs ʼn rekening het.”

Die lede het toe glo gaan sinkplate en ander voorraad koop en sou na verwagting vandag weer terug keer om vir Boshoff te vra vir nog geld om verdere sinkplate en ander toerusting te koop.

Van Der Walt beweer ook dat Boshoff en van sy werknemers op 15 Augustus ten aanskoue van polisiebeamptes aangeval is en hulle vir hul lewens moes vlug. Die polisie het glo “hande gevou gestaan en toekyk”.

Oor dié bewering het kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, gesê hy is bewus van die besettingsvoorval en dat die polisie se ondersoek nog voortduur. “As die klaer enige probleme ervaar, moet hy dit opneem met die stasiebevelvoerder of die Groblersdal-polisiëringsgebied se bevelvoerder vir ingryping,” het Ngoepe gesê.

“Ons gaan nou môre weer hof toe om die hofbevel finaal te bekragtig teen die betreders en hul leiers,” het Van der Walt gesê. Sy het gesê hulle sukkel in dié stadium om verklarings by die polisiebeamptes wat die beweerde betrokke sakelui uitgewys het af te neem aangesien hulle vrees vir hul lewens. “Hulle weet waartoe hierdie ouens [die sakemanne] in staat is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Nicky ·

Hierdie is net die begin…… dinge gaan nog lelik raak…. Hulle doen net wat hulle wil en die SAPD staan hande gevou en kyk. Vader Help asb…. my ouers boer ook in Limpopo….

Willie ·

Iemand moet hier gedagvaar word skade, het sy Edele Pada CR, EFF, POLISIE …dis swak, klipgooi is poging tot moord!

DieWaarheid ·

Tyd om te knik en te smile vir hulle en loop af te loer.

Hanna Hoekom ·

Grondeienaars sal hul regte moet ken aangsien ons nie op die SAPD kan staatmaak nie. Paraatheid is die wagwoord! Weet wat jy vlgs wet mag doen en nie mag doen nie. En moet om hemelsnaam nie jou humeur verloor nie: jy SAL deur hierdie gronddrypers getart word! Sterkte aan elke boer en wettige grondeienaar in hierdie bose land!

wilma ·

Sjoe, maar die veld lyk nogal droog. Ideale toestand vir veldbrand?

Mags ·

Hmmm.. Wilma, ek het ook daardie gedagtes gekoester toe ek die storie so bekyk.. maar hy moet net so week of 2 wag voordat hulle die vonke laat spat..

Anoniem ·

Bea, waar woon Julle Ons sal kom help met die selfbeskerming ?

Ja Nee ·

Dit kos die eienaar van die grond seker duisende met al die regskoste. Die staat sit terug en kyk wie gaan eerste toegee of waar die eerste bloedbad homself gaan afspeel.

Celtis Africana ·

Die berig maak dit diep en duidelik dat grondgryp desondanks Agri SA se onderhandelings, rugstyfmaak, nie n koek en tee vergadering nie, op sy spoor gevestig is. Die polisie weier selfs om die klag te aanvaar?
Wat lê vir die boere voor op die pad?

Theresa ·

Dring aan op die name van die 3 besigheidsmense wat hulself as hoofopswepers in hierdie saak kan noem. Die eienaar van die grond wat betree was moet skadevergoeding kry en traumahulp en beskerming geniet. Waarom is die polisie bang vir hul?? Watse besigheid bedryf hul dan?? Gerus meer inligting, want dit gaan nie die eerste geval wees nie en ook nie die laaste nie. Modus operandi beter in plek kom van die polisie se kant af en niemand kan gevoude arms staan en kyk hoe hierdie monstrosity gebeur nie.
Spoedig lyk dit asof der duisende sinkplaatplekkies oral soos sampioene gaan oppop. Ag nee – regtig????!!!! Ek hoop hierdie gaan die oë laat oopgaan van dié wat sulke intense prosesse dalk baie beter moet kommunikeer met grondlustiges.

Stuiwer ·

Betreurenswaardig dat selfs die polisie nie ‘n dooie duit omgee nie!

Siek en sat ·

Soos hulle se: My bek hang oop !!!!! Hierdie mense kom weg met alles en die Regering sit lekker agteroor en lag vir die boere.Die hel gaan nog los raak in hierdie land oor hierdie patetiese toedrag van sake.

Nikita ·

Dat die polisie net daar staan sonder arms verbaas my nie meer nie. Lyk my ons gaan in die toekoms net op mekaar en ons eie organisasies soos Afriforum kan staatmaak. En Limpopo is die provinsie met die grootste EFF (Everything For Free) ondersteuners. “The expropriation without compensation-genie is out of the bottle, and it ain’t going back.”

Vegter ·

Me probleem is dit kos geld om prokureurs te kry en wat as jy dit nie kan bekostig

Katerina ·

Dan word dit nou tyd dat Afrikaner prokureurs begin om sake soos hierdie Pro Bono te aanvaar.As elke Afrikaner prokureur een saak neem sal dit help. Dis nou die tyd en die uur dat Afrikaners moet saamstaan en mekaar help op enige en alle maniere wat hulle kan.

velapi ·

ek is seker prokureurs stem vir die anc. bandat hulle in bewind is, floreer die prokureurs. ek dink as die vooergenome 139 plase op die lys bekend wors, sal ons almal sien doe plase waar die grondgrypers gaan erwe afmeet het die afgelope jaar, is op daardie lys. vraah is nou, wie het hulle gesê waarheen om te gaan?

Gerhard ·

Ek hoop nie daar is teveel mense wat hulle steur aan die wat vir jou vertel hulle gaan iets regkry deur met die regering/ANC te onderhandel nie. Dit is nog iets wat al lank duidelik is.

Her ·

Eiendomswaardes gaan tuimel. Verkoop as jy kan. N verlies nou is beter as alles verloor later

Katerina ·

My advies sou wees om te bele in n woonwa of “motorhome”. Ek voorspel dat Suid Afrikaanse witmense AS ons nie uitgemoor word nie, sal lewe soos miljoene Amerikaners – in “trailer parks”. Waarmee niks fout is nie. Dis net nie iets waaraan SA witmense gewoond is nie maar dis n dak oor mens se kop. Dit kan n heel goeie en gesellige lewenswyse wees. Niks verkeerd daarmee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.