Man sê ‘rowwe seks’ lei tot prostituut se dood

court-hammer_thumbPaul Andrew Opperman (25) het Maandag onskuldig gepleit op aanklagte dat hy ‘n prostituut vermoor het en sê die vrou is dood na “rowwe seks”.

Opperman het Maandag in die rondgaande hof in Nelspruit, Mpumalanga skuld ontken op aanklagte van moord en roof. Hy egter skuld erken op aanklag van strafbare manslag. Hy is op 9 April verlede jaar in hegtenis geneem op aanklag dat hy Anita Tumelo Loba, ‘n sekswerker, beroof en vermoor het.

Opperman het Maandag getuig dat hy Loba op 13 Maart verlede jaar in Steelpoort opgelaai het. “Die vrou het gevra om rowwe seks met my te hê en het selfs gevra dat ek haar moet slaan. Toe ek dit gedoen het en sy geskree het, het ek gedink sy geniet die seks en dat sy in ekstase is.” Hy het later besef sy is bewusteloos.

“Ek het nie bedoel om haar dood te maak nie,” het Opperman getuig. Hy het glo toe besluit om haar besittings te vat en van haar liggaam ontslae te raak. Opperman het glo Loba se naakte liggaam in sy motor se kattebak gesit en na ‘n mynarea gery waar hy van haar liggaam ontslae geraak het.

Volgens die klagstaat het Opperman die aand van die moord ‘n groen Opel Corsa gery en het hy Loba naby ‘n vulstasie opgelaai. Volgens die klagstaat is die oorledene verskeie kere met ‘n stomp voorwerp aangerand en is haar gesig verskeie kere teen ‘n harde oppervlak geslaan.

Die staat beweer dat Opperman terug na die vulstasie is nadat hy van Loba se liggaam ontslae geraak het. Hy het glo R200 se brandstof probeer koop met die R70 en selfoon wat hy glo by haar gesteel het. Werknemers van die vulstasie het getuig dat Opperman ‘n selfoon aan hulle probeer verkoop het vir R130 om die brandstof te betaal.

‘n Vriend van Loba, ook ‘n prostituut, het getuig dat sy Loba probeer skakel het nadat sy lank weg was maar dat daar geen antwoord was nie. “Ek het na vyf minute weer gebel en iemand het die foon afgeskakel. Toe ek hom by die vulstasie sien het twee van my vriende hom voorgekeer en gevra waar is ons vriend.”

“Hy het gesê dat hy haar afgelaai het waar hy haar opgetel het. Terwyl my vriende met hom gepraat het, het ek bloed op sy klere opgemerk en sy motor se registrasienommer gevat.” Die vrou sê hulle het later Loba se familie en die polisie gekontak.

Regter Ebenhaezer Jordaan het die saak tot Dinsdag uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marlene ·

Skokkend, die man is defnitief skuldig. Om ‘n prostituut op te laai is eweneens siek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.