Man se skietdood op plaas lei tot vernietiging

Suikerrietlande in die Eshowe-gebied in KwaZulu-Natal is tydens ʼn gewelddadige betoging aan die brand gesteek (Maart 2018). Foto: Facebook via Intelligence Bureau SA

Honderde woedende gemeenskapslede het op ʼn vernietigingstog gegaan na die skietdood van ʼn 30-jarige man op ‘n plaas in Eshowe in KwaZulu-Natal.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê twee mans het Dinsdag visgevang by ʼn dam op die plaas Gqobkohani.

“Hulle is deur ‘n veiligheidswag gekonfronteer en versoek om die plaas te verlaat waarna ‘n onderonsie uitgebreek het. Dit het glo daartoe gelei dat die veiligheidswag een van die mans, Spamandla Xulu (30), doodgeskiet het. Die ander man kon ongedeerd wegkom.”

Volgens Naidoo is die veiligheidswag in hegtenis geneem op aanklag van moord. Hy het Donderdag in die hof verskyn en bly in aanhouding tot 22 Maart wanneer hy weer in die hof moet verskyn.

Die toneel in die Eshowe-gebied in KwaZulu-Natal tydens ʼn gewelddadige betoging (Maart 2018). Foto: Facebook via Intelligence Bureau SA

“Woedende gemeenskapslede van Umlalazi en Eshowe het die afgelope twee dae die strate ingevaar en bande aan die brand gesteek op die R66. Hulle het hierna die plaashuis in Gqobhokani en die eienaar van die plaas se suikerrietlande ook aan die brand gesteek.” Naidoo het gesê brande is ook in die aangrensende plantasies gestig.

Genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, het intussen ʼn beroep op die gemeenskappe van Umlalazi en Eshowe gedoen vir kalmte. “Die man wat Xulu glo vermoor het, is in hegtenis geneem en gemeenskapslede moet die reg toelaat om sy gang te gaan,” het hy gesê.

Sitole het die provinsiale polisiekommissaris versoek om ʼn ondersoektaakspan aan te stel om die voorvalle van brandstigting te ondersoek en diegene wat daarvoor verantwoordelik was, in hegtenis te neem en te vervolg. “Die tipe gedrag is krimineel en onaanvaarbaar.”

Volgens Sitole is lede van die openbareorde-polisie, taktiesereaksie-eenheid en beamptes van plaaslike polisiestasies na die gebied ontplooi om die situasie te stabiliseer. “Die vernietiging van eiendom is nie die oplossing vir enige probleem nie, maar eerder ʼn misdaad wat strafregtelik is. Dit help ook nie om ʼn situasie reg te stel nie,” het Sitole bygevoeg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

johan ·

kyk skelms mag doen wat hulle wil …..sterkte aan elke boer wat elke dag dinge moet trotseer

Groottrek2 ·

Hulle begin ons nou met wetteloosheid verdring en dis nou die tyd om met oorsese lande wat ons belasting en kundigheid sal wardeer, te gesels om ons in massas in te vat. Laat ons gaan, die ANC sal self aan sy kiesers moet verduidelik dat daar nie meer belastinggeld vir sosiale toelaes en staatsamptenaarsalarisse is nie. Ons gaan trek maar SA gaan vou, hulle gaan dit net te laat agterkom.

Haan ·

Ek stem nie saam met jou nie groottrek. Ek sê wel dat ons nie kan aanhou om die hele land vol te leef nie, want dit is demografies en realisties gesproke nie n volhoubare oplossing nie. In n volkstaat sal ons vir die eerste keer in ons geskiedenis n demografiese meerderheid kan vorm. Selfbeskikking is al uitweg vir dié wat nie wil Emigreer nie

CG ·

Haan. Stem saam met jou! Ek is verstom oor die ingesteldheud soos van Groottrek2, wat vanuit die buiteland vir die ANC wil tong uitsteek nadat hulle geëmigreer het. Intussen het jy self jou land en kultuur verloor! Daar is net een moontlike opsie vir oorlewing van die Afrikanervolk- selfbeskikking in ons eie land.

Chris ·

Die brandstigters gaan niks oorkom nie. Die klomp wat Bloemfontein se stadsaal aan die brand gesteek het, het ook niks oor gekom nie.

Ella ·

Die veiligheidswag het opdrag gehad om die eiendom te beskerm. Die dooie was onwettig op die grond. Hoekom die veiligheidswag arresteer? Hy het sy werk gedoen en hy was gewapen seker omdat dit onveilig is daar. Almal wat hierdie wetteloosheid bevorder maak van SA n onveilige plek. ANC gaan nie se “hou op” want hul wil nie stemme verloor volgende jaar.

Muffin ·

Ek wonder of het hulle werklik vis gevang. Ek glo nie die wag sal sommer net skiet as sy eie lewe nie in gevaar is nie.

Koisan ·

Die zulus het koisan uitgedryf, hulle het die koisan se land gevat. Blank en koisan moet grondgesprekke he met die ANC om ons eie lande te he, die ANC skip sink en ons wil nie saam met hulle ondergaan nie.

Selfbeskikking ·

As julle wil oorleef moet julle met ongerhandelings vir selfbeskikking begin om julself te beskerm teen regeringsbeleid wat rashaatspraak aanmoedig, geen ander oplossing, jammer.

Andrew ·

Slim slim Gerrit!!. Het jy hul gesien? Ken jy hul name?

Gee tyd dat die inligting versamel word. Jy kan maar weet dat die wat inligting het dit sal weerhou.

In my opinie pleeg jy net so groot misdaad om die polisie te veroordeel, teen jou beterwete. Jy vat die fokus weg van die werklike probleem van haat wat daar onder mense bestaan.

PJC ·

Dinge raak al meer geweldadig in die land. Een of ander tyd gaan dit hand uit ruk.

Chris ·

Ek dink anargie gaan een van Ramaphosa se grootste probleme word.

E ·

Die wag skiet een man dood, nou brand die gemeenskap die boer se huis en landerye af. Hoekom nie die wag se huis en erf afbrand nie?

Maar ons almal weet mos die antwoord daarop.

lewies ·

Nabot se wingerd wat gegryp is, is op ons geskie-denis van toepassing

Rupert Ashford ·

Sal graag wil weet wat die “onderonsie” behels het en watse tradisionele wapens die manne met hulle saamgedra het? As hierdie veiligheidswag ook ‘n Zoeloe was sal hy mos die ander ou se mentaliteit ken en weet wat voorle as hy in ‘n insident betrokke raak. Of was die wag wit?

LCN ·

Waarom moet twee boere se goed vernietig word as hulle niks eers met dit te doen gehad het nie? Boere word lerrerlik by die honderde uit gewis , maar dis okay. Dit skree ten hemele.

koos ·

Dalk tyd dat ons dieselfde optree vir elke boer wat vermoor word.

Janosh ·

Die reg sal hier sy normale gang moet gaan. Die skietddod van enige mens is onnodig, veral as die omstandighede nie sulke noodweer vereis nie. Maar die heneglaar kon die wag dalk met ‘n mes aangeval het. Wie weet?…

Wat my egter nogal verstom, is die reaksie van die gemeenskap as so-iets gebeur. Dit ruk elke keer geheel en al hand-uit. Ek wonder nogal wat die reaksie en gevolge sou wees as ons boergemeenskap so geweldadig sou raak elke keer as ‘n plaasboer vermoor word.

Geen sulke optrede deur gemeenskappe kan ooit geregverdig word nie.

Elmarie ·

Die ou spul geniet dit darem om af te breek !!! Elke keer wanneer hulle nie ‘tevrede’ is nie dan is dit maar so !!!

Pippie Langkous ·

Van nou af begin ons ook “op ‘n vernietigings-tog” gaan as ons boere en hulle gesinne doodgemaak word!!!Wonder wat sal van ons word???

Francois ·

Hallo Zimababwe! Hier kom ons! Presies wat daar aanvanklik gebeur het, tesame met die plaasmoorde – wie dit nie kan sien nie is blind!

Danie ·

Vervlaks ma hulle kan mos nie ‘n mens se huis afbrand nie man … no ways ons sal die dinge moet begin tee staan en die soort boere gaan help … dis nie die beste om te se nie maar as ons mekaar moet gryp dan moet ons.

Chris Yuro ·

Your government tries it’s best to hide these atrocities that happen almost every day. It is very hard to break through the silence of the mainstream media and the left wing politicians around the world. Australia is trying to help, but your government was “offended” by the offer because there is no problem according to Ndivhuwo Mabaya. But there is still hope, they are working on a refugee / visa program. Read the article here: http://www.abc.net.au/news/2018-03-16/persecuted-white-south-african-farmers-resettlement-gaining-mom/9556098. God bless you all. (Apologies for the English, I’m Dutch and can’t write Afrikaans, reading is no problem though)

waco ·

Daar is ‘n organisasie wat hulle beywer vir ‘n volkstaat. Gaan besoek hulle by die Volksraad Verkiesings Kommissie se webwerf en beywer saam vir ‘n Volkstaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.