Man se toestand ernstig ná plaasaanval

Riaan Scheepers. Foto: Facebook

Riaan Scheepers is steeds in ʼn ernstige toestand in die Netcare Greenacres-hospitaal in Port Elizabeth nadat hy Saterdagoggend wreed op ʼn plaas in die Alexandria-omgewing in die Oos-Kaap aangerand is.

Brent McNamara, voorsitter van die Alexandria-landbouvereniging, het in ʼn verklaring gesê hoewel Scheepers se toestand steeds ernstig is, is hy stabiel. Die NG Kerk Alexandria het op hul beurt op hul Facebook-blad gesê Scheepers het “baie beserings” opgedoen. “Bid asseblief vir hom en vir sy familie,” lui die verklaring.

Scheepers se dogter het nie op ʼn versoek om kommentaar gereageer nie.

Maroela Media het vroeër berig Scheepers, vermoedelik in sy 60’s, is omstreeks 09:00 Saterdag na ʼn hospitaal in Port Alfred gehaas voordat hy na die hospitaal in Port Elizabeth oorgeplaas is. Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het Saterdag gesê Scheepers is erg aangerand, vasgebind en “vir die dood agtergelaat”.

Intussen het kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, Sondag bevestig niemand is nog in verband met die aanval in hegtenis geneem nie. “ʼn Span van ervare speurders doen alles in hul vermoë om die oortreders vas te trek. Alle inligting wat tot dusver ontvang is, is opgevolg, maar geen inhegtenisnemings is nog gemaak nie,” het sy gesê.

Govender het gesê die plaaslike landbougemeenskap was van groot hulp in hul reaksie ná die aanval en met die opvolg van leidrade.

McNamara het ook die vinnige reaksie van ʼn plaaslike boer, die gemeenskapstrukture en die plaaslike veiligheids- en nooddienste geloof. “Ons is in gesprek met die SAPD sedert die voorval en is tevrede dat die ondersoek tans die nodige vlak van aandag ontvang,” het hy gesê.

“Ons hoop en bid dat Riaan ten volle sal herstel en sal voortgaan om ʼn positiewe impak op die plaaslike gemeenskap te maak soos wat hy nog altyd gedoen het.”

Enigiemand met meer inligting word versoek om kapt. Leon Els by 083 387 0749 of Stop Misdaad by 0860 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marianne ·

Sterkte aan Riaan we familie en vriende, mag Godjulle bemoedig en aan hom spoedige herstel gee.
WAAR GAAN DIE GEWELD EINDIG?

Jaco ·

Dit gaan nooit eindig nie. Die bevolkingsgroep wat verantwoordelik is vir die dade gaan nie van die aardbol verdwyn nie.

Rambo ·

Dit gaan nie eindig nie. Het jy al ooit gehoor van ‘n boelie wat OPHOU boelie omdat iemand hom mooi gevra het om op te hou? ‘n Boelie stop sy gedrag die dag as hy hard terug geboelie word…..maar dis seker makliker om liewer hier te vra “Waar gaan die geweld eindig?’

Leahim ·

Wyse woorde net jammer van die boere is nog in hulle gemaksone en gaan nie luister nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.